Nuwe media vir die bemarking van die Porterville Christusfees 2012

 

 

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Die Weslander skryf oor die Porterville Christusfees!

Lees wat die Weslander koerant te se het oor die Porterville Christusfees:

http://www.weslander.co.za/7036/news/article/sesde-christusfees-reuse-sukses

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Ronel Bakker skryf weekliks vir ons ‘n artikel oor die opkomende Christusfees.

Elke dorpie, elke Stad en elke kontrei het deesdae sy eie fees. Stellenbosch pronk met ‘n Woordfees, Franschoek is bekend vir die Bastille Dag Fees. Pragtige Riebeeck Vallei hou elke jaar vir 4 dae lank Olyffees terwyl Koringberg Broodfees vier. Dan praat ek nie eers van Oppiekoppie, KKNK en die Grahamstad Kunstefees nie. Elke Afrikaanse sanger word geroep, wat ookal die genre. Daar word ge-rock, daar word ge-cabaret en daar word sommer meestal in mainstream Afrikaans gekuier. Ek kan voortgaan op die trant en feeste opnoem totdat dit letterlik by Porterville se hoofstraat afloop, maar ek sal ons Geliefste dorp dit eerder spaar!

Ses Jaar gelede het die plaaslike gemeenskap van Porterville koppe bymekaar gesit en met die Christusfees vorendag gekom. Soos enige instelling wat sy sout werd is, het die Christusfees homself jaar op jaar bewys en gegroei tot waar ons vandag staan; presies een maand voor die volgende makietie. Verlede jaar het talle feesgangers ons dorp binnegestroom en na drie dae van goeie geselskap, puik musiek en behoorlike vermaak het hulle aan die brand en opgewonde, hier weegegaan.

Hoerskool Porterville se Sportgronde word omskep in ‘n Mind-Blowing stadium met ‘n Super Stage – klanktoerusting, kunstenaars en vermaak wat vir niks of niemand terugstaan nie. Nedine Blom, Karolus en Lente, Louis Britz en Prophet is al deel van die meublement, of sal ek eerder se; deel van die Party, want ‘n statiese affere is die Fees beslis nie. As jy nou al ooit van Jubel gehoor het, dan is dit by ons einste Christusfees!

Maar dis nie al nie. Ons sorg dat daar elke jaar nuwe gewilde kunstenaars optree. Een baie groot en gewilde naam in Gospel musiek is dan ook natuurlik Juanita du Plessis, en raai wat!? Jip – JUANITA TREE OP BY DIE 2011 CHRISTUSFEES! Hou dus die webblad dop vir al die nuus, gebeure en verrassings om en rondom die Christusfees. 7 – 9 Oktober 2011.

Sien jou Binnekort!

Lees meer oor die skrywer van hierdie artikel – Ronel Bakker:

http://delikadent.wordpress.com/

Posted in Uncategorized | 1 Kommentaar

Al die nuuste nuus oor die Porterville Christusfees.

Kry jou kaartjies nou!!

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Kinderprogram vir die Porterville Christusfees

Saterdag 8 Oktober gaan vol pret wees vir die kinders by die Porterville Christusfees.

Twee wonderlike kinderoptreedes vind plaas by die Christusfees hierdie jaar.

Willie en die Wenspan:

Willie en die Wenspan

 

Vir meer inligting oor Willie: kliek hier

Willie tree op 16h00 – 17h00 by die Porterville Skoolgronde.

Nedine Blom:

Nedine Blom tree op 17h00 – 18h00 by die Porterville Skoolgronde.

Vir meer inligting oor Nedine Blom:  Kliek hier

http://www.christusfees.co.za/

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Busse vanaf die Kaap na die Porterville Christusfees.

Kom ry saam in luukse busse vanaf die Kaap vir ‘n dagtoer Porterville Christusfees toe.  Geniet die dag met optreedes van Juanita du Plessis, Riana van Wyk, Franscois Louw, Nedine Blom, Louis Brittz, Julius Megan en vele meer.

www.christusfees.co.za

 

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Profiel van Prophet

 

Profiel van Prophet

Prophet

Prophet - Koos van der Merwe, Theo Geyser

Koos van der Merwe en Theo Geyser is vir die afgelope 24 jaar die twee lede van die sanggroep, Prophet.  Prophet is reeds sewe keer bekroon met ATKV Liertoekennings is benoem vir die South African Music Awards.

Koos is sedert 1983 in die bediening en is tans leraar van Eden Gemeente in George en Theo is leraar in Stellenbosch Gemeente.  Theo het ook ’n jaar terug ’n gemeente geplant in Groepunt en ’n maand gelede in Oranjezicht wat as InVia (oppad) bekend staan. Binnekort is daar ook ’n InVia in Somerset Wes. Beide is lief vir die akademie en het doktorsgrade. Meer inligting

Onthou om op die program te kyk wanneer Prophet optree by die Porterville Christusfees in Oktober. Program

 

 

Posted in Uncategorized | 3 Kommentaar